T20: Bangladesj vat hom, Proteas speel nou

Suid-Afrika se T20-Wêreldbeker-veldtog het vandag begin teen sy buurland, Zimbabwe, in Hobart, Australië. Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste te kolf. In vandag se eerste wedstryd het Bangladesj vir Nederland op dieselfde veld met nege lopies verslaan. Bangladesj het 144 vir agt aangeteken, met Afif Hossain se 38 die hoogste telling, en die Nederlanders is daarna van hulle laaste bal uitgeboul vir 135, ondanks ‘n dapper vyftigtal deur Colin Ackerman. Die snelbouler Taskin Ahmed het vier paaltjies geneem.