Daar is geen kommer oor bedrog tydens Swapo se verkiesings nie

Professor Joseph Diescho sê in ‘n opinie-stuk dat daar kommer is oor verkiesingsbedrog wat by die Swapo-kongres in November kan plaasvind. Die party vergader op 24 November om ‘n visepresident te verkies wat die kandidaat vir die Namibiese Presidensie in 2024 sal wees. Daar is ook reeds spanning met Jerry Ekandjo wat uitgesluit is van die wedloop en oudpremier Nahas Angula is op rekord dat dit ‘n groot fout is wat die party begaan. Die verdedigingsminister, Frans Kapofi, wat verkies is en uit die wedloop getree het, het met Kosmos 94.1 Nuus oor Diescho se kommentaar gesels.