Ramaphosa se staatsrede lok verdere reaksie uit

Die politieke ontleder Daniel Silke sê president Cyril Ramaphosa se staatrede het vele beloftes bevat, terwyl hy ook mislukkings en swakhede erken het. Hy sê een van die grootste struikelblokke is egter die president se eie kabinet, wat dikwels as filter optree en werkbare implementering pootjie. Silke sê hy twyfel of die ANC te vinde sal wees vir verandering in areas wat die president in sy toespraak genoem het en wat ideologiese aanpassings vereis en Ramaphosa se eie brose gesag sal raak: