Vervoervakbond vra Werkgewersfederasie se ingryping

Die Namibiese Revolusionêre Vervoer-unie het aan Daan Straus, sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewersfederasie, geskryf om sy ingryping te vra oor die bevordering van gesonde arbeidsverhoudinge binne die vervoer- en logistieke industrie. Volgens die vakbond het hulle sedert hul registrasie as ‘n vakbond verneem van die optrede van sommige van die bedryf se werkgewers se ernstige en doelbewuste miskenning van arbeidswetgewing met betrekking tot vakbonde. Die brief is op 8 Februarie gestuur en die vakbond het hulle 14 dae gegee om ‘n oplossing te vind. Indien hulle versuim, sal ‘n landwye staking volg. Petersen Kambinda, die vakbond sekretaris-generaal gesels met Kosmos 94.1 Nuus.