Ramaphosa sê entrepreneurskap is dryfveer vir groei

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa sê mense wat in hulle eie diens is en entrepreneurskap is die dryfvere vir groei en werkskepping in enige ekonomie. Dit ondersteun vernuwing, bevorder mededinging en bring nuwe produkte en dienste in die ekonomie in. Hy sê na 28 jaar van demokrasie is daar steeds hindernisse wat swart entrepreneurs verhoed om betekenisvol en gelykwaardig aan die ekonomie deel te neem. Ramaphosa sê dié hindernisse is veral vir vroue, jongmense en gestremdes ‘n uitdaging.