Beurtkrag laat jou na kitskos gryp

Die Tiger Brands-stigting waarsku mense se gesondheid is in gevaar omdat beurtkrag die eet van kitskos bevorder. Die uitgerekte beurtkrag verander eetplanne en -gewoontes. Karl Muller van die stigting sê huishoudings is traag om vars voedsel te koop, omdat dit vermors word wanneer die krag vir tot ses uur per dag af is. Muller voeg by ingevolge die liggaamsmassa-aanwyser, is 68 persent van vroue en 31 persent mans in Suid-Afrika oorgewig of vetsugtig