Amerikaanse onder-sekretaris besoek Namibië môre

Die Amerikaanse onder-sekretaris vir burgerlike veiligheid, demokrasie en menseregte, Uzra Zeya, sal van 18 tot 24 Julie na Mosambiek en Namibië reis. Tydens haar reis sal sy vennootskappe tussen Amerika en Afrika bevorder oor voedselsekuriteit, ondersteuning vir vlugtelinge en ontheemdes, respek vir menseregte, die versterking van demokratiese regering, en die bekamping van mensehandel en wildmisdaad. Zeya sal Windhoek môre besoek waarna sy na ‘n vlugtelingkamp en die Waterberg Platopark sal vertrek. Perry Stamp, waarnemende skakelbeampte van die ambasassde, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.