Namibië is digitaal ver agter

Namibië vaar uiters swak in digitale lewenskwaliteit en die land het die 103de posisie behaal uit 114 lande wêreldwyd in die jongste peiling wat die virtuele private netwerkverskaffer Surfshark saamstel. Die peiling kyk na internetgehalte, e-regering, e-infrastruktuur, internetbekostigbaarheid en e-sekuriteit. In al vyf kategorieë het die land gedaal maar, die grootste daling is in internetgehalte aangeteken met ‘n daling tot die 104de posisie vanaf 62ste verlede jaar. Met betrekking tot bekostigbaarheid het die land ook vanaf 62ste plek tot 96ste plek gedaal. Israel is wêreldwyd eerste, terwyl Denemarke, Duitsland, Frankryk en Swede die res van die topvyf uitmaak.