Ramaphosa: Roei korrupsie uit

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het ‘n beroep op ANC-lede gedoen om saam te staan in die vernuwing van die party deur korrupsie uit te roei asook om ‘n beleid te skep wat die ekonomie sal laat groei. Ramaphosa het sy openingstoespraak op die party se sesde nasionale beleidskonferensie by die Nasrec-sentrum gelewer. Hy sê die konferensie sal besin oor werkloosheid, werkskepping en verskeie ander uitdagings waarmee Suid-Afrikaners te kampe het.