Divan du Plooy tevrede met 25ste plek op Statebondspele

Die 20-jarige Namibiese driekamp-atleet, Divan du Plooy, het vandag vir die eerste keer aan die individuele driekamp by die Statebondspele in Birmingham, Engeland, deelgeneem en 25ste geëindig. Hy was vyf minute 50 sekondes agter die goue medaljewenner van Engeland, Alex Yee, wat die swem-, fietsry- en hardloopbene in 50 minute 34 sekondes voltooi het. Du Plooy gesels uit Birmingham met Kosmos 94.1 Nuus.