Een Covid-sterfgeval die week aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het die afgelope week een Covid-sterfte van ‘n 76-jarige man op Swakopmund aangemeld, asook 66 nuwe Covid-gevalle uit 1 827 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 3,6 persent verteenwoordig. In die groep is sewe leerders, twee studente en een elk onderwyser en gesondheidswerker . Daar is nou slegs 96 aktiewe gevalle, waarvan 14 pasiënte in hospitale in agt streke is en een in ‘n  hoësorgeenheid. Altesaam 26,2 persent van die teikenbevolking van 60 persent is ten volle ingeënt.