Ramaphosa praat vanaand.

President Cyril Ramaphosa praat vanaand agt uur weer met die buurland oor die regering se reaksie op die Covid-19-pandemie. Die Gesondheidsministerie sê vanaand se toespraak volg op ‘n spesiale vergadering van die Nasionale Koronavirus-bevelsraad die presidensiële koördineringsraad en die kabinet om ‘n verslag van wetenskaplikes te bespreek oor die toename in die Delta-variant in Suid-Afrika. Die buurland se waarnemende gesondheidsminister, Mmamoloko Kubayi-Ngubane voel daar moet gekyk word of die huidige inperkings slaag. Daar is ‘n gevoel dit werk nie vir Gauteng nie. Sy voel daar moet iets gedoen word aan die nood wat tans ervaar word.