SAL weer in die nuus

Die stigter van Harith General Partners, Tshepo Mhloele, waarsku dat anders as met ‘n staatsonderneming, sal ‘n nuwe Suid-Afrikaanse Lugdiens onder die konsortium daarop gemik wees om kommersieel suksesvol te wees. Hy sê dít mag meer werksverliese beteken. Takatso, ‘n konsortium van Harith en Global Aviation, gaan 51-persent van SAA bekom. Mhloele het aan die media gesê hulle kan nie operasioneel wees met vier-duisend mense nie aangesien dit te veel en nie volhoubaar is nie. Hy het bygevoeg alle probleme sal met groot deursigtigheid hanteer word.