Nog 2 428 nuwe Covid-gevalle in die land bevestig

Die Namibiese gesondheidsministerie het 2 428 nuwe Covid-gevalle in die land bevestig. Windhoek het 1 244 nuwe gevalle, Gobabis 201, Rundu 152, Swakopmund 123, Rehoboth 107 en Oshakati 101. Die res is regoor die land versprei. Daar is op die oomblik nog 18 985 aktiewe gevalle, 63 357 het herstel uit ‘n kumulatiewe totaal van 83 698. Die sterftesyfer staan op 1 161.