Ramaphosa praat met Suid-Afrikaners oor die geweld en plundering

President Cyril Ramaphosa het bekendgemaak dat vroeë verslae daarop dui dat groot skade aangerig is tydens die plundertogte en geweld van die afgelope tyd in dele van die buurland. Daar is volgens hom ernstige skade en selfs vernietiging aan 161 winkelsentrums, 11 pakhuise, 8 fabrieke en 161 drankwinkels en verspreiders aangerig. Dit sluit nie die skade aan paaie en infrastruktuur in nie. Skade beloop miljarde rand.Hy het ook bekendgemaak dat 212 mense in die geweld dood is. Die polisie ondersoek 131 moordsake en 81 nadoodse ondersoeke. Meer as 2 500 mense is in hegtenis geneem. Volgens Ramaphosa word die chaos gebruik as rookskerm om ekonomiese sabotasie te bewerkstellig. Dit kan volgens hom nie toegelaat word dat die demokrasie misluk nie en ‘n ondersoek om te bepaal wie die opstokers was is aan die gang en meer inliging sal binnekort bekendgemaak word.