Die dodetal in Wes-Europa styg steeds na swaar reën

Die dodetal in die Wes-Europese vloede is steeds besig om te styg. Minstens 120 mense is reeds in Duitsland en België dood nadat uiterste weerstoestande in Wes-Europa tot rekord-reënvalsyfers en die ergste oorstromings in dekades gelei het. Baie mense word nog vermis en selfoonnetwerke is buite werking. Hewige oorstromings het ook in Nederland, Luxemburg en Switserland voorgekom. Politieke leiers plaas die skuld op klimaatsverandering wat deur die mens veroorsaak is en sê beskermingsmaatreëls moet versnel word. Die Duitse kanselier, Angela Merkel, het volle ondersteuning aan slagoffers beloof.