Ramaphosa oor die Zondo-verslag

Die ANC-president Cyril Ramaphosa sê die ANC verwelkom die eerste deel van die Zondo-verslag en sien uit na die voorlegging van die kommissie se werk teen die einde van Februarie 2022. Ramaphosa het by die 110deherdenking van die bestaan van die ANC in Limpopo gesê die werk van die kommissie is deurslaggewend vir die nasionale poging om die era van staatskaping agter hulle te sit en seker te maak sulke optrede word nie toegelaat om ooit weer te gebeur nie.