Ramaphosa ontken geldwassery oor Phala Phala

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het bewerings van geldwassery rondom die Phala Phala-sage ontken. Hy het in die Parlement reageer op ‘n vraag van die leier van ATM, Vuyolwethu Zungula, waarom hy nie die diefstal van buitelandse valuta op sy plaas in Limpopo by die tersaaklike instelling aangemeld het nie. Ramaphosa sê hy het die diefstal wel by ‘n polisie-generaal aangegee. Hy het weer beklemtoon die kwessie is in die hande van die tersaaklike owerhede, en hy gee sy volle samewerking.