Vyftien beeste vrek in stormloop ná drie dae sonder water

Vyftien beeste het gevrek as gevolg van ‘n stormloop by ‘n waterpunt by Epukiro in die Omaheke-streek, nadat hulle meer as drie dae sonder water deurgebring het. Die hoofman van Epukiro, Adelbertus Madi, sê die beeste wat gevrek het, was deel van vee wat die regering sewe jaar gelede geskenk het om die gemeenskap op te hef. Die aantal vee het sedertdien van 50 tot meer as 200 gegroei.