Ramaphosa onderteken vyf proklamasies vir korrupsieondersoeke in regering

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het vyf proklamasies onderteken wat die Spesiale ondersoek-eenheid magtig om korrupsie en wanadministrasie in ten minste 14 regerings-instellings en -departemente te ondersoek. Die eenheid se woordvoerder, Kaizer Kganyago, sê die departemente wat ondersoek word sluit in al die provinsiale gesondheidsdepartemente. Kganyago sê die ondersoeke sal fokus op onwettige optrede met betrekking tot bedrieglike mediese nalatigheidseise en enige onreëlmatige en onnodige uitgawes wat aangegaan is. Hy sê die KwaZulu-Natalse departement van vervoer en die Suid-Afrikaanse Maatskaplike Sekerheids-agentskap sal ook ondersoek word.