Vierde Afrika Jeug in Toerisme-beraad skop môre in hoofstad af

Die Vierde Afrika Jeug in Toerisme-beraad met die Namibiese omgewingsministerie as gasheer, skop môre in die hoofstad af en duur tot Vrydag. Die tema is “Developing Youth and Innovative Entrepreneurship Solutions for Inclusive Tourism Recovery in Africa”. Die beraad is ‘n eksklusiewe platform wat aan die innoverende Afrika-jeug en beginners in die reis- en toerismebedryf op die vasteland verskaf word, op soek na geleenthede vir befondsing, vennootskap en mentorskap om hul projekte aan die wêreldmark aan te bied. President Hage Geingob sal die beraad amptelik open op 27 Julie.