Ramaphosa lewer sy toespraak by VN virtueel

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het vandag sy toespraak virtueel by die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York gelewer. Die geskiedenis vereis dat daar aan ’n wêreld vry van rassisme gebou moet word, dít moet met energie en welwillendheid aangepak word, het Ramaphosa gesê. Sy toespraak was tydens ’n bespreking oor die 20ste herdenking van die aanvaarding van die sogenaamde Durban-verklaring en plan van aksie in 2001. VN-lidlande het destyds in Durban die Durban-verklaring oor rassisme, rassediskriminasie, vlugtelingehaat en onverdraagsaamheid aanvaar.