SA polisie en betogende voormalige kontrakwerkers raak slaags in Tshwane

Munisipale personeel by Tshwane House moes vinnig die gebou ontruim nadat die polisie en ‘n groep betogende voormalige kontrakwerkers slaags geraak het. Die kontrakwerkers eis om permanent in diens geneem te wees. Die stad se woordvoerder, Selby Bokaba, sê die 627 voormalige kontrakwerkers was vir ‘n vaste kontraktydperk van 12 maande aangestel vanaf Oktober 2019 tot Oktober 2020.