Krieket: Meer as 400 spelers op veiling van Indiese Premierliga

Krieket: Meer as 400 spelers is te koop op vandag se veiling vir volgende jaar se Indiese Premierliga. Dit sluit in 22 Suid-Afrikaners soos Rilee Rossouw, Heinrich Klaasen, Rassie van der Dussen, Tabraiz Shamsi, Reeza Hendricks, Wayne Parnell en Keshav Maharaj. Spelers soos Anrich Nortjé, Faf du Plessis, Dewald Brevis, Quinton de Kock, David Miller en Lungi Ngidi is weer te koop. Ander internasionale sterre wat groot belangstelling kan uitlok, is Ben Stokes van Engeland, Cameron Green van Australië en die Windies-kolwer Nicholas Pooran