Krieket: Proteas môre teen Windies

Krieket: ʼn Nuwe hoofstuk in Suid-Afrikaanse toetskrieket begin môre met die eerste wedstryd teen die Windies op SuperSport-park in Centurion. Shukri Conrad is die nuwe afrigter van die Proteas se toetsspan en Temba Bavuma die nuwe kaptein. Die reeks is die enigste twee toetse op die kalender vir die Suid-Afrikaanse somer. Dit is deel van die Wêreld-toets-kampioenskap, maar Suid-Afrika is nie meer ʼn aanspraakmaker op ʼn plek in die eindronde nie. Bavuma sien uit na ʼn nuwe begin.