Ramaphosa het blykbaar met CIA in VSA vergader

President Cyril Ramaphosa het moontlik na Amerika gereis om President Joe Biden en die sentrale intelligensie-agentskap, die CIA, te vra om hom te help om die ANC-verkiesing in Desember te wen. Dit is volgens bronne in die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking wat aan media in die buurland vertel het Ramaphosa het sonder die departement se medewete hoëvlakontmoetings met Biden gehad waar geen Suid-Afrikaanse amptenare toegelaat is nie. Die bronne beweer Ramaphosa wou streng privaatheid hê en geen notules of rekord is van die vergaderings gehou nie. Dis boonop buite die ambassade en teen diplomatieke protokol gehou.