Recon koop 5% van Namcor se aandeel oor

ReconAfrica het ‘n ooreenkoms met Namcor aangegaan om sy aandeelhouding in die Kavango-bekken se lisensie te vergroot. Namcor sal ‘n werkende belang van 5 persent, die helfte van sy belang, vir 2 miljoen Amerikaanse dollar en vyf miljoen aandele in ReconAfrica verruil. Na voltooiing van hierdie transaksie sal Namcor ‘n groot aandeelhouer van ReconAfrica wees. Die transaksie, wat onderhewig is aan regulatoriese goedkeuring van die ministerie van myne en energie en die Toronto-beurs, sal na verwagting teen die einde van die jaar voltooi wees. Die ontwikkeling kom omdat Namcor en sy vennote, Shell Namibia Upstream B.V. en Qatar Energy ‘n werkende petroleumstelsel vir ligte olie in die Oranje-bekken ontdek het.