DA soek ‘n verligtingspakket vir verbruikers

Die DA sê met skerp-stygende voedselpryse wat verwoesting veroorsaak vir lae- en middel-inkomste verbruikers in Suid-Afrika, kan al meer huishoudings nie genoeg kos op die tafel sit nie. Dion George van die DA sê die party het ‘n verligtingspakket voorgestel wat die uitbreiding van die nulkoers-kosmandjie behels en sal hoender, beesvleis, ingelegde bone, meel, margarien, grondboontjiebotter, babakos, tee, koffie en sop-poeier insluit: