Ramaphosa gaan nie sommer lê

President Cyril Ramaphosa oorweeg dit om die Artikel 89-paneel se verslag oor Phala Phala in regshersiening te neem want hy beskou dit as gebrekkig. Die President se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê Ramaphosa meen ‘n hersiening is belangrik vir die langtermyn-volhoubaarheid van die land se grondwetlike demokrasie. Die paneel het bevind die President het dalk ‘n saak om te beantwoord oor die diefstal van duisende Amerikaanse dollars op sy wildplaas in Limpopo in 2020. Magwenya voeg by Ramaphosa beraadslaag wyd en ‘n besluit sal binnekort bekendgemaak word.