Herverkiesde Walvisbaai-burgemeester het groot planne

Trevino Forbes is as die burgemeester van Walvisbaai herkies tydens die munisipaliteit se spesiale raadsvergadering om ampsdraers vir sy 2023-termyn te verkies. Sara Mutondoka is die nuwe onderburgemeester en raadslid Richard Hoaeb is as die voorsitter van die bestuurskomitee verkies. Forbes sê aan Kosmos 94.1 Nuus watter projekte hy beplan met sy herverkiesing as burgemeester van die hawedorp.