Lionel Messi hou Argentinië se Wêreldbekerdroom lewend

Sokker: Lionel Messi het weer sy staal gewys in sy duisendste wedstryd as beroepspeler en sy 100ste as kaptein van Argentinië om die land se droom om die Wêreldbeker te verower, lewend te hou. Messi, wat as die towenaar bekendstaan, het sy eerste Wêreldbeker-uitklopdoel ooit in Katar aangeteken. Dit het die Argentyne gehelp om Australië met 2-1 te klop. Argentinië is nou nog ‘n tree nader aan moontlike Wêreldbeker-glorie om hulle droogte van 36 jaar te breek. Die span kom nou in die kwarteindronde teen Nederland te staan. Die Nederlanders het Amerika met 3-1 in die ronde van 16 uitoorlê.