Radisson gaan groen

‘n Internasionale hotelgroep wat ook hotelle in Suid-Afrika het, het aangekondig hy is die eerste ter wêreld wat gaan toesien geen vergaderings of ander geleenthede wat hy in sy meer as 400 hotelle sal aanbied, ‘n negatiewe koolstofspoor sal laat nie. Die Radisson-hotelgroep sê hy sal vir elke geleentheid wat in sy deelnemende hotelle aangebied word, toesien dat dit ‘n positiewe uitwerking op die omgewing het. Radisson se uitvoerende vise-president, Eric de Neef, sê hulle is trots daarop om die leiding te neem met die plan genaamd Planet Positive om klimaatsverandering te bekamp.