Radio bly uiters belangrik

Data op Wêreldradiodag, wat vandag herdenk word, toon gehore in Suid-Afrika brei steeds uit. ‘n Mede-professor in media-studies en -produksie by die Universiteit van Kaapstad, Tanja Bosch, sê in 2021 het sowat 80 persent van Suid-Afrikaners binne in tydperk van ‘n week minstens een keer na die radio geluister. Die buurland beskik oor 40 kommersiële en openbare radiostasies en 284 gemeenskapsradiostasies. Volgens Bosch speel gemeenskapsradio ‘n sleutelrol in die uitbou en konsolidering van demokrasie. In Namibië is radio uiters belangrik, veral vir landelike gebiede en mense se reg tot toegang tot inligting. ‘n Groot deel van die Namibiese samelewing maak staat op radio, veral in hul moedertaal, om inligting te bekom.