DA vies oor R130m in salarisse vir geskorste amptenare

Die DA sê dit is kommerwekkend dat belastingbetalers moet instaan vir ‘n salarisrekening van meer as 130 miljoen Suid-Afrikaanse rand vir 305 staatsamptenare wat tans met volle betaling geskors is. Dit volg op ‘n skriftelike antwoord deur die Departement van Staatsdiens en Administrasie. ʼn Woordvoerder van die DA, Mimmy Gondwe, sê die departement moet dringend ‘n dissiplinêre bestuurstrategie ontwikkel en in gebruik neem, wat sal verseker hierdie krisis word nie langer tot nadeel van die reeds swaarbelaste Suid-Afrikaanse belastingbetaler uitgerek nie: