RA: Aanlyndienste vir voertuiglisensie-hernuwings vorder goed

Die Padowerheid sê sy aanlyndienste vir voertuiglisensie-hernuwings vorder uiters goed. Daar was uitdagings, maar dit is uit die weggeruim. Hileni Fillemon, die owerheid se woordvoerder sê die aanlyndiens is ook deel van hulle pogings om die getalle kliënte en wagperiode by hul kantore te verminder. Sy het die jongste met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.