Wen met Share your #NWRMoments

Namibia Wildlife Resorts, NWR, bied ‘n splinternuwe kompetisie aan om reisigers met ‘n onvergeetlike ervaring regoor Namibië te beloon en te lok. Met die bekendstelling van “Share your #NWRMoments”, word reisigers aangemoedig om op NWR se sosiale media hul post-Covid-herinneringe by enige NWR-oorde te deel. NWR sê hierdie kompetisie is ‘n manier om terug te gee aan die plaaslike toeriste wat NWR deur die pandemie ondersteun en lojaal gebly het. Deelnemers staan ‘n kans om een van vyf twee-nag-ervarings by ‘n NWR-oord van hul keuse te wen, vlugte of vervoer uitgesluit. NWR se kommunikasiebestuurder, Nelson Ashipala, sê aan Kosmos 94.1 Nuus plaaslike toerisme is belangrik vir dié toerismemaatskappy.