R8m vir organisasies in die Kaap wat kwesbares help

Die Stad Kaapstad se Departement van Maatskaplike Ontwikkeling en Vroeë Kinderjare-ontwikkeling nooi geregistreerde organisasies sonder winsoogmerk wat programme en dienste bied aan straatbewoners, om aansoek te doen vir sy sogenaamde Grant-in-Aid-befondsing. Die departement het vanjaar 8,4 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan die organisasies bewillig wat in dié kwesbare sektor in gemeenskappe werk. ‘n Lid van Stad Kaapstad se burgemeesterskomitee, Patricia van der Ross, sê die sperdatum vir aansoeke is 7 Desember: