Veghonde: Nalatige eienaars moet vervolg word

Die Amerikaanse Veghondfederasie van Suid-Afrika vra dat nalatige eienaars van veghonde strafregtelik vervolg word. Dit volg op die dood van ‘n agtjarige kind wat Saterdag by sy huis in Vista Park in Bloemfontein deur ‘n veghond aangeval is. Die hond het uit die erf ontsnap en oor die heining gespring na ‘n naburige eiendom, waar hy die kind, wat alleen gespeel het, aangeval en verskeur het. Die federasie het weer die regering gekritiseer omdat hulle nie wette toepas vir die regulering van die ras nie.