Air Namibia-werkers soek hul geld, loodse bereid om nog te wag

‘n Handvol voormalige werknemers van Air Namibia het vanoggend na die hoofkantoor van die nou bankrot redery opgeruk om betaling van hul skeidingspakkette te eis. Die Namibian Airline Pilots’ Association het nie deel van die optog gevorm nie. Die president van Napa, Manuel Prenzlow sê hulle het reeds met Air Namibia se likwidateurs ontmoet en is tevrede met die antwoorde wat hulle ontvang het, en sal dus nog wag.

Daar is uitdagings met die verkoop van die redery se bates en die betaling van miljoene aan krediteure.