R22,7 miljard in onopgeëiste bates aan Suid-Afrikaners betaal

Die Vereniging vir Spaar en Belegging Suid-Afrika het onthul onopgeëiste bates van 22,7 miljard Suid-Afrikaanse rand is uiteindelik verlede jaar in die hande van Suid-Afrikaners geplaas. Die senior beleidsraadgewer, Rosemary Lightbody, sê die geld behoort aan polishouers, bevoordeeldes, beleggers en erfgename wat óf nie bewus was van die polisse nie óf dit om een of ander rede nie opgeëis het nie. Sy sê die vereniging het dit reggekry om sekere indiwidue in die hande te kry weens meer intensiewe en gevorderde opspoorpogings: