App-pokke: Entstof herinner aan Covid, sê WGO

Afrika het geen entstowwe teen aap-pokke nie en daar is ‘n tekort aan toetsstelle. Die siekte is endemies in dele van Afrika maar is onlangs aangemeld in meer as nege lande waar dit nooit vantevore voorgekom het nie. Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie se Afrika-streeksdirekteur dr. Matshidiso Moeti, is die verspreiding van die siekte kommerwekkend. Sy sê wat gebeur het in die vroeë dae van die Covid-entstof toe Afrika op die kantlyn moes sit, kan nie herhaal word nie. Sy meen al die tekens is daar dat dit reeds besig is om te gebeur.