R1,1m se skenking vir landelike veiligheid in SA

Die Agri Securitas-trustfonds in die buurland het ‘n skenking van 1,1 miljoen Suid-Afrikaanse rand ontvang om landelike veiligheid te help verseker. Die skenking kom van Corteva Agriscience, Sanlam en NWK Beperk. Die fonds se voorsitter, Cobus van Zyl, sê Suid-Afrika se boeregemeenskap worstel met wrede plaasaanvalle wat die land se toekomstige voedselsekerheid in gevaar stel. Volgens Van Zyl sal die geld gebruik word om die aanbring van kamerastelsels uit te brei, groot gebiede vir misdaad te monitor en veldbrande op te spoor voordat dit kan versprei.