Liz Truss bedank

Na weke se chaos in die Britse regering en ‘n totale ommekeer in haar ekonomiese plan, het Liz Truss pas bedank as eerste minister van die Verenigde Koninkryk.

Sy is vanoggend ingeroep deur die voorsitter van die 1922-komitee wat oorsig oor die Tories hou en Sir Graham Brady sê hy het 54 briewe van Tory-lede ontvang dat sy moet bedank.