Kanaal teen Angolese grens sal misdaad bekamp

Die uitvoerende hoof van NamWater Abraham Nehemia sê die kanaal wat deur die streeksleierskap van Ohangwena voorgestel is sal na aan die grens loop om veediefstal, die diefstal van motors en onwettige oorgrens verkeer te verhoed, sowel as om te dien as waterbron vir gemeenskappe om tuine aan te plant vir voedselsekerheid. Die eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila is tans op besoek in die Ohangwena-streek en die kanaal het onder bespreking gekom. Nehemia het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.