SA-verpleër ook vas oor vervalste Covid-toetse

Die Booysens-landdroshof in Pretoria het borgtog van 3 000 Suid-Afrikaanse rand toegestaan aan ‘n verpleegkundige van die Parkhurst-kliniek in Johannesburg in verband met die verkoop van vervalste Covid-19-toetssertifikate. Skhumbuzo Manana is die naweek in hegtenis geneem nadat hy betrap is dat hy die vervalste sertifikate teen 500 rand verkoop. Phindi Mjonondwane van die Nasionale Vervolgingsgesag sê die 28-jarige Manana staan tereg op aanklagte van bedrog, korrupsie en die besit van vermoedelik gesteelde goedere: