Pyl en boog-aanval: Deense skieter vir waarneming verwys

Die man wat daarvan beskuldig word dat hy vyf mense in Noorweë met ‘n pyl en boog vermoor het, is vir sielkundige waarneming gestuur. Die hof het beslis dat die 37-jarige Deense burger, Espen Andersen Brathen, vier weke geëvalueer moet word. Ondersoekers sê Brathen, ‘n aanhanger van die Moslem-geloof, het erken dat hy mense in die stad Kongsberg, 68 kilometer wes van Oslo, aangeval het. Vier vroue en ‘n man is in die aanval dood, en drie mense is gewond.