Putin waarsku oor prysperk vir sy olie en gas

Die Europese Unie het voorgestel dat ‘n prysperk ingestel word op Russiese gas. Rusland se president, Vladimir Putin, het gewaarsku so ‘n stap sal Moskou noop om alle energievoorraad af te sny. Die 27 EU-lede sukkel om ‘n energiekrisis te beheer wat kan lei tot voortslepende kragonderbrekings, fabrieke wat sluit en ‘n ernstige resessie. Die Europese Kommissie se hoof, Ursula von der Leyen, sê voor die inval in Oekraïne het Rusland 40 persent van die EU se ingevoerde gas voorsien, maar dis tans net 9 persent: