Putin sê oorlog verloop presies soos beplan

Die Russiese President Vladimir Putin hou vol dat militêre operasies in Oekraïne volgens plan verloop. Dit volg nadat rondom 30 mense dood is en meer as 40 vermis word ná ‘n Russiese misielaanval Saterdag op ‘n woonstelgebou in die oostelike stad, Dnipro. Tientalle woonstelle is in die aanval vernietig en tussen 100 en 200 mense is dakloos gelaat. Intussen woed die stryd in die Ooste van die land vir beheer van Bakhmut. Putin sê alles ontwikkel volgens die raamwerk van die ministerie van verdediging en die generale staf se plan.