ANC-topleierskap het nie beurtkrag nie, betaal ook nie krag nie – DA

Die DA leier John Steenhuisen sê dieselfde mense wat Eskom se ineenstorting veroorsaak het, stel hulself nou vry van die uitwerking van hulle eie mislukkings. Die party weier om te aanvaar dat terwyl die ANC gewone Suid-Afrikaners onderwerp aan 11 ure se beurtkrag per dag, die wonings van President Cyril Ramaphosa, sy kabinetsministers en adjunkministers beurtkrag heeltemal vryspring. Steenhuisen sê dit is waarom daar geen dringendheid is om hulle eie gemors reg te maak nie: