Ontwikkeling van plaaslike oliebronne vorder goed – Namcor

Angola, Afrika se tweede grootste olieprodusent, het ‘n nuwe olieblok ontdek, wat die kapasiteit het om 40 000 vate olie per dag te produseer. Angola en Libië het Nigerië verbygesteek as Afrika se grootste ru-olie-produsente, volgens die Organisasie van Petroleum Uitvoerlande. Opul het in sy maandelikse verslag verklaar dat Angola Afrika se grootste olieprodusent van ru-olie was gedurende Augustus 2022 met ‘n gemiddelde produksie van 1,187 miljoen vate per dag. Die woordvoerder van Namcor Paulo Coelho het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die vordering op die plaaslike front.